Die reis van Homo sapiens tot
Homo christos

"Volgens hoorsê het ek van U gehoor, maar nou het my oog U gesien." (Job 42:5)

Visie

Renaissance stel 'n mistieke, spirituele, gnostiese gemeente daar, waar die lidmaat as unieke mens in veiligheid kan groei tot volle potensiaal en eenwording deur 'n besondere konneksie met die goddelike.

Missie

Renaissance wil altyd 'n gemeente wees wat 'n alternatief skep vir vasgevangde christene deur: 'n spirituele ervaring deur eredienste en prosesse waarbinne jy kan groei en herstel tot 'n leefstyl binne 'n intieme verhouding met die goddelike, jouself en die mens; sodat jy kreatief en passievol kan aanbid, versorg, speel en die lewe kan ontdek.

Renaissance is 'n spirituele gemeenskap

Spiritualiteit is die gevoel of ingesteldheid van die gees van die mens. Godsdiens probeer om daardie ingesteldheid vas te lê in reëls, kodes en dogma. 'n Spirituele ervaring is gerig op 'n mistieke belewenis in o.a. stilte, meditasie, klassieke atmosfeer, woord en musiek – gerig op die bevryding van die valse self tot 'n innerlike belewenis met God deur pneuma (gees) en gnosis (kennis). Spiritualiteit is intens persoonlik, terwyl godsdiens opgaan in 'n instansie of organisasie.

Webwerf navigasie

Voorblad
Waarheen en waarvandaan
Meer oor Renaissance

Pretoria

Kontak besonderhede
Eredienste in Pretoria
Projekte

Kaapstad

Kontak besonderhede
Eredienste in Kaapstad

Leraars

Ds Gert Janse van Rensburg (Pretoria)
Dr Abel Pienaar (Pretoria)
Ds Terblanche Jordaan (Kaapstad)
Ds Renier Cronje (Kaapstad)

Publikasies

Nuusbrief
E-boeke
Oudiovisueel

Artikels

In gesprek met Abel
Engele werkswinkels

Eksterne skakels

Aanbevole webtuistes