Dr. Abel J. Pienaar  (Pretoria)

Abel het twee grade in Teologie (Universiteit van Pretoria) en 'n doktorsgraad in Filosofie van Godsdiens. Hy het vir elf jaar gewerk as voltydse leraar in die Ned. Geref. Kerk in 'n makro gemeente in Pretoria. Tydens hierdie tyd word hy verkies tot die Sinode se direkteur: Sentrum vir Spiritualiteit, 'n posisie wat hy behou tot hy in 2006 bedank uit die NG Kerk. Abel word deel van Renaissance Gemeente in 2006.

Abel bestudeer en praktiseer Zen Boeddhisme onder Thich Nhat Hanh (Frankryk) en word ook beïnvloed en geleer deur o.a. die huidige Dalai Lama, Fr. Thomas Keating, Biskop John Selby Spong, Ken Wilber, Sam Harris, André Comte-Spongville, Prof. Kobus Krüger, Dr. Piet Muller en Prof. Sakkie Spangenberg. Abel dien ook op die Nuwe Hervormings Netwerk se dagbestuur vir die afgelope 4 jaar.

Abel is die direkteur van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Hy het al in verskeie tydskrifte en koerante geskryf en in radio en TV programme opgetree. Abel skryf heelwat artikels en het 'n dokumentêr gemaak oor die soeke na 'n eietydse verstaan van God. Sy eerste boek verskyn in 2010 met die titel: Saam op soek na God; Soeke na 'n eietydse spiritualiteit. Sy tweede boek word beplan om einde 2012 op die rakke te wees, die titel van die boek: Vrydenker Alfabet. Abel is getroud met Zelda en het vier kinders en woon in Pretoria-Oos.

Webwerf navigasie

Voorblad
Waarheen en waarvandaan
Meer oor Renaissance

Pretoria

Kontak besonderhede
Eredienste in Pretoria
Projekte

Kaapstad

Kontak besonderhede
Eredienste in Kaapstad

Leraars

Ds Gert Janse van Rensburg (Pretoria)
Dr Abel Pienaar (Pretoria)
Ds Bertus van Niekerk (Kaapstad)

Publikasies

Nuusbrief
Boeke
E-boeke
Oudiovisueel

Artikels

Ons almal se God
In gesprek met Abel
Engele werkswinkels

Eksterne skakels

Aanbevole webtuistes