Ds. Bertus van Niekerk  (Kaapstad)

Bertus is eintlik van oral af (en loop daarom die risiko om soos 'n Johnny Cash song te klink). Hy is in Grootfontein, Namibië gebore en het die eerste twaalf jaar van sy lewe op verskillende plekke in Namibië grootgeword. Hy het in Rustenburg gematrikuleer en op Tuks die grade BA en BD behaal. Bertus was vir 16 jaar predikant van die Hervormde Kerk Carletonville en woon sedert Maart 2008 in Somerset Wes. Hy het twee kinders, Hendrik en Renée.

Bertus is getroud met die kunstenaar en grafiese ontwerper Selma Albasini. Hy het 'n passie vir jazz en goeie teologie en maak ook wyn in sy waenhuis. Bertus en Selma het verskeie wynetikette, waarvan die bekendste sekerlik Osbloed is.

Bertus sien homself as 'n produk van die eksistensialisme, maar bely dat hy met een voet in die postmodernisme staan. Hy is lief vir preek en huisbesoek en kuier en het besonder goeie aanvoeling in pastoraat.

Jy kan hom skakel op 083 400 2999 of aan hom 'n e-pos stuur by . Kliek ook op sy LinkedInprofiel vir meer inligting oor hom of gaan direk na sy Facebookprofiel.

Webwerf navigasie

Voorblad
Waarheen en waarvandaan
Meer oor Renaissance

Pretoria

Kontak besonderhede
Eredienste in Pretoria
Projekte

Kaapstad

Kontak besonderhede
Eredienste in Kaapstad

Leraars

Ds Gert Janse van Rensburg (Pretoria)
Dr Abel Pienaar (Pretoria)
Ds Bertus van Niekerk (Kaapstad)

Publikasies

Nuusbrief
Boeke
E-boeke
Oudiovisueel

Artikels

Ons almal se God
In gesprek met Abel
Engele werkswinkels

Eksterne skakels

Aanbevole webtuistes