Byeenkomste in Pretoria

.

Byeenkomste in Pretoria

Ons vergader elke Sondag oggend 9:00 - 10:00 in Safari Tuinsentrum se kapel, op die hoek van Lynnwoodweg en Rubida-straat. Ons maak gebruik van prediking, stilte, musiek, sang en klassieke simbole. Dit bied ‘n veilige ruimte vir mense wat nuwe vrae vra maar ook tuis voel binne ‘n mistieke liturgie en styl. Dr. Abel Pienaar en Dr. Flip Schutte is hoofsaaklik verantwoordelik vir die byeenkomste. Omdat oop, eerlike soeke deel is van Renaissance se etos word daar ook gereeld na gassprekers geluister. Almal wat hulle kan identifiseer met vrydenke en eerlike soeke is baie welkom om die byeenkomste by te woon!

Kinder-bediening

Kinderteater in samewerking met die dramastudente van TUT word tydens die byeenkomste op Sondae aangebied. Die kindertjies ouderdom 2-13 kuier en speel tydens die diens saam in die Impala saal (Safari). Ouers kan dus gerus hulle kinders saambring op ‘n Sondag. Let wel: Hierdie diens word nie op Sondae wat val op langnaweke, vakansiedae of in amptelike skoolvakansies aangebied nie.

Pad-aanwysings

Vanaf die N1, neem die afrit na Lynnwoodweg. Ry in die rigting weg vanaf Pretoria middestad, na die ooste se kant. Safari Kapel is ongeveer agt verkeersligte ver as mens eers oor die brug gery het. Safari Tuinsentrum is uit te ken aan hulle grasdakke. Die ingang vorm deel van die kruising met Rubida-straat. Ry eers in, en daarna nogal ver na links, agter-om die eerste geboue. Daar is parkering by die kapel. Daar word elke Sondag sekuriteit vir motors voorsien.

Grade, Minute, Sekondes:  25°46'03"S , 28°18'15"E
Grade, Desimale Minute:  25°46.060'S , 28°18.251'E
Desimale Grade:  25.767671°S , 28.304185°E
Hoogte:  51914m

Weeksbyeenkomste

Donderdae is daar Meditasie byeenkomste onder begeleiding van Prof. Kobus Krüger vir beide beginners en gevorderde mediteerders. Donderdae aande om 18:45 vir 19:00. Die plek is Kandelaarstraat 292, La Montagne, Pretoria. Kontak gerus vir vir meer inligting.

Vrydae Meditasie byeenkomste is onder begeleiding van Dr. Piet Muller. Elke Vrydag om 10:30-11:40. Plek: Mapellaan 19/20, naby Loftus. Kontak Dr. Piet by .

Die ACIM (A Course In Miracles) groep vergader elke Dinsdag tussen 12-2 by Jopasso gastehuis in Wapadrand. Marise Stander begelei die groep, kontak haar by / 0127362679 / 0825668068.

Woensdae aande besprekingsgroep: Elke Woensdagaand om 19:00-21:00. Die groep verskaf ‘n vriendelike en oop omgewing vir besprekings. Party aande is daar ‘n spreker, ander aande net ‘n oop bespreking oor vrae wat uit die groep self kom. Die groep kom nie meer bymekaar in Nevada Crescent, Faerie Glen nie maar by verskillende adresse. Daar word elke Maandagmiddag ‘n e-pos uitgestuur met besonderhede aan almal op die besprekingsgroep verspreidingslys. Kontak Ewald Hesse by 0834607347 of vir meer inligting of om op die verspreidingslys te kom.

Sluit sonder meer ook aan by ons Facebook Groep.
Dr. Abel Pienaar kan op Twitter gevolg word by http://twitter.com/DrAbelPienaar.