Eredienste in Pretoria

Ons vergader elke Sondag oggend 9:00 - 10:00 in Safari Tuinsentrum se kapel, op die hoek van Lynnwoodweg en Rubida-straat. Ons maak gebruik van prediking, stilte, musiek, sang en klassieke simbole. Dit bied 'n veilige ruimte vir mense wat nuwe vrae vra maar ook tuis voel binne die christelike liturgie en styl. Ds. Gert Janse van Rensburg is hoofsaaklik verantwoordelik vir die byeenkomste. Almal is welkom.

Tans het die N1 slegs 'n afrit na Lynnwoodweg wanneer mens noordwaarts ry. Vanaf daardie afrit is Safari Kapel agt verkeersligte ver (eers oor die brug) na die ooste. Safari Tuinsentrum is uit te ken aan hulle grasdakke. Die ingang vorm deel van die kruising met Rubida-straat. Ry eers in, en daarna nogal ver na links, agter-om die eerste geboue. Daar is parkering by die kapel.

Meditasie byeenkomste onder begeleiding van Ds. Stevan Botma is vir beide beginners en gevorderde mediteerders. Donderdae om 18:45 vir 19:00 by Engela Louw en André Potgieter se huis. Hulle het vir ons 'n konferensielokaal langs hulle huis in Murrayfield beskikbaar gestel. (Alcazaar, 24 Clyde straat, Murrayfield.) Almal welkom! Laat weet net asb. deur te kliek.

Webwerf navigasie

Voorblad
Waarheen en waarvandaan
Meer oor Renaissance

Pretoria

Kontak besonderhede
Eredienste in Pretoria
Projekte

Kaapstad

Kontak besonderhede
Eredienste in Kaapstad

Leraars

Ds Gert Janse van Rensburg (Pretoria)
Dr Abel Pienaar (Pretoria)
Ds Terblanche Jordaan (Kaapstad)
Ds Renier Cronje (Kaapstad)

Publikasies

Nuusbrief
Boeke
E-boeke
Oudiovisueel

Artikels

Ons almal se God
In gesprek met Abel
Engele werkswinkels

Eksterne skakels

Aanbevole webtuistes