Gespreksgroep in Kaapstad

Ons vergader elke Sondag oggend om 10:00 - 11:00 by Delvera Wynlandgoed. Enigiemand is welkom om aan te sluit.

Kontak gerus Ds. Bertus van Niekerk vir meer inligting asook pad-aanwysings.

Besoek ook Renaissance Kaap se Facebook bladsy.

Bertus: “Ek gaan nou by Delvera wyn maak in ‘n lieflike klein keldertjie op die R44 Klapmutspad Noord van Stellenbosch. Selma gaan daar kuns uitstal en dit maak net sin dat ek dan my gesprekke oor betekenis en verwondering van lewe in die tuine op die perseel hou. Ek sien jou graag daar, selfs al kom jy net een keer aandoen as besoeker. Bel my vir aanwysings na Delvera. My nommer is 0834002999. Dis regoor Kanonkop teen die Simonsberg. As jy van die N1 af na Stellenbosch toe ry, moet jy stadiger as jy Warwick en Laibach se borde sien: ons is die volgende inrit aan jou regterkant. As jy by ‘n afdraai na Delheim kom, sal jy moet omdraai, want dan is jy verby.”