Dr. Piet Muller  (Pretoria)

.

Dr. Piet Muller studeer aan die Universiteit van Oranje Vrystaat, en verwerf grade in BA (Cum Laude), B Honneurs BA. Aan die Universiteit van Kaapstad doen hy sy MA en ‘n PhD in filosofie aan die Universiteit van Pretoria. Sy gepubliseerde akademiese artikels sluit in Articles in the fields of theory of translation, communication science, philosophy, creativity studies and futurology.

Piet is ook ‘n geregistreerde hipnoterapeut (CtH).

Piet is ‘n futuroloog en die mede-stigter van twee uitgewershuise en die stigter, redakteur van die tydskrif Insig (1990). Hy was ook die visie-redakteur van Rapport en Beeld. As politieke joernalis ontvang hy die SFW Toekenning vir joernalisme, vir sy bydrae tot die onderhandelings tussen die ANC en die destydse regering. Hy is ook mede-stigter van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit.

Hy is die skrywer van 17 boeke, onder andere Sukses na vyftig, Die Nuwe Hervorming, Gedagtes wat heelmaak, Kom ons bid, gebede vir vandag e.a. Hy is tans besig om ‘n kommentaar te skryf op die Evangelie van Thomas.

Hy het ook al vele artikels geskrywe en aangebied reg oor die wêreld rondom die temas van spiritualiteit. ‘n Onlangse aanbieding was getitel: Spirituality, Depth-Psychology and Nag Hammadi.