
Pretoria projekte en nuus
Monument Ouetehuis projek
Dit is 'n ouetehuis in Danville waar 90% van die mense geen familie het wat vir hulle sorg nie. Ons nederige bydrae help om hierdie alleen mense te wys hulle is nie so alleen nie.
Ons vra vir seep, waslappe, handeroom, en weggooibare skeermesse. By die Sondag byeenkomste is daar 'n trommel om bydraes in te plaas.
By voorbaat dankie.
Agêlêla – Building up from within!
Renaissance ondersteun hierdie 'non-profit organisation' as deel van sy verantwoordelikheid tot sosiale ontwikkeling en armoede verligting. As jy meer wil weet of meer direk betrokke wil wees by hierdie organisasie, kontak gerus vir Cobi Kruger by 082 398 5285 of tel / faks: 012 348 5455.
