Ds. Renier Cronje  (Kaapstad)

Renier gaan na skool vir sending opleiding en voltooi sy School of Biblical Studies III diploma in 1998. Hierna het Matieland geroep! Juis omdat hy mense wil help besluit Renier op teologie en voltooi sy M. Div in 2004. Ten spyte van hierdie deeglike studie, of miskien juis as gevolg daarvan, ervaar hy gedurende sy laaste studiejaar 'n vervreemding van dit wat hy leer. Die tradisionele Christelike leer – sonde en verlossing, hemel en hel – maak nie meer vir hom sin nie.

Die daaropvolgende jare is traumaties. Geleidelik besef Renier dat as mens oop ingestel is en eerlik hierdie nuwe landskap verken, begin jy 'n ongekende vryheid te ontdek: 'n vryheid los van die skuldgevoelens en vrees wat so diep in ons kondisionering leef. Op hierdie reis beskou hy dit as 'n groot voorreg om mense by te staan in hul soeke na 'n nuwe bewuswording rakende hul identiteit, seksualiteit en/of spiritualiteit.

Renier bly in Durbanville, Kaapstad en kan gekontak word vir 'n afspraak by 078 185 0367 of . Hy is ook besig met sy opleiding as 'n Consciousness Coach®.

Webwerf navigasie

Voorblad
Waarheen en waarvandaan
Meer oor Renaissance

Pretoria

Kontak besonderhede
Eredienste in Pretoria
Projekte

Kaapstad

Kontak besonderhede
Eredienste in Kaapstad

Leraars

Ds Gert Janse van Rensburg (Pretoria)
Dr Abel Pienaar (Pretoria)
Ds Terblanche Jordaan (Kaapstad)
Ds Renier Cronje (Kaapstad)

Publikasies

Nuusbrief
E-boeke
Oudiovisueel

Artikels

In gesprek met Abel
Engele werkswinkels

Eksterne skakels

Aanbevole webtuistes