COVID-19:  Ons het byeenkomste in die kapel by Safari hervat – verwys asb. na ons WhatsApp Groep en Nuusbrief. Ons hou ook aan met Youtube videos. Besoek SAcoronavirus.co.za vir amptelike regering inligting. Bly gesond en veilig!

Byeenkomste in Pretoria

.

Byeenkomste in Pretoria

Ons vergader elke Sondag oggend 9:00 - 10:00 in Safari Tuinsentrum se kapel, op die hoek van Lynnwoodweg en Rubida-straat. Ons maak gebruik van ‘n praatjie, stilte en musiek. Dit bied ‘n veilige ruimte vir mense wat nuwe vrae vra maar ook tuis voel binne ‘n mistieke liturgie en styl. Philip Liebenberg is hoofsaaklik verantwoordelik vir die byeen­komste. Omdat oop, eerlike soeke deel is van Renaissance se etos word daar ook gereeld na ‘n verskeidenheid van sprekers geluister. Almal wat hulle kan identifiseer met vrydenke en eerlike soeke is baie welkom om die byeenkomste by te woon!

Pad-aanwysings

Vanaf die N1, neem die afrit na Lynnwoodweg. Ry in die rigting weg vanaf Pretoria middestad, na die ooste se kant. Safari Kapel is ongeveer agt verkeersligte ver as mens eers oor die brug gery het. Safari Tuin­sentrum is uit te ken aan hulle grasdakke. Die ingang vorm deel van die kruising met Rubida-straat. Ry eers in, en daarna nogal ver na links, agter-om die eerste geboue. Daar is parkering by die kapel. Daar word elke Sondag sekuriteit vir motors voorsien.

Grade, Minute, Sekondes:  25°46'03"S , 28°18'15"E
Grade, Desimale Minute:  25°46.060'S , 28°18.251'E
Desimale Grade:  25.767671°S , 28.304185°E

Weeksbyeenkomste en belangegroepe

Sien asb. ons jongste Nuusbrief vir volledige inligting oor weeklikse byeenkomste, kursusse, meditasie en gesprek groepe.

Donderdae is daar Meditasie byeenkomste onder begeleiding van Prof. Kobus Krüger vir beide beginners en gevorderde mediteerders. Donderdae aande om 18:50 vir 19:00. Die plek is Kandelaarstraat 292, La Montagne, Pretoria. Kontak gerus vir vir meer inligting.

Vrydae Meditasie byeenkomste is onder begeleiding van Dr. Piet Muller. Elke Vrydag om 9:30-11:00. Ons kom bymekaar in die kapel van die NG-gemeente Lynwood. Draai uit Lynwoodweg in Roderickweg. By die eerste minisirkel draai regs in Sussexlaan en honderd meter verder links in Alpineweg tot by die kerk se parkeerterrein. Baie en veilige parkering beskikbaar. Kontak Dr. Piet by .

Die ACIM (A Course In Miracles) groep vergader elke Dinsdag tussen 12-2 by Jopasso gastehuis in Wapadrand. Marise Stander begelei die groep, kontak haar by / 0127362679 / 0825668068.

Woensdae aande besprekingsgroep: Elke Woensdagaand om 19:15-21:00. Die groep verskaf ‘n vriendelike en oop omgewing vir besprekings. Party aande is daar ‘n spreker, ander aande net ‘n oop bespreking oor vrae wat uit die groep self kom. Die groep kom bymekaar by verskillende adresse. Daar word elke Maandagmiddag ‘n e-pos uitgestuur met besonderhede aan almal op die besprekingsgroep verspreidingslys. Kontak Ewald Hesse by 0834607347 of vir meer inligting of om op die verspreidingslys te kom.

Daar is ook ‘n besprekingsgroep in Johannesburg wat op Woensdae aande om 19:00-20:00 in Aucklandpark by Tobie Cronjé se huis byeenkom. Kontak Philip Liebenberg by 0824681545 of vir inligting.

Sluit sonder meer ook aan by ons Facebook Groep.